F  R  E  E       W  I  L  D       W  O  R  L  D 
 A   T  r  a  v  e  l   B  l  o  g   f  o  r   t  h  e   W  i  l  d   a  t   H  e  a  r  t
0129

besoekers

"op Nieu Bethesda wil ek geruisloos die weegskaal in die sterre probeer haal"

Die Gewig van ʼn Siel

Die gewig van ʼn siel
word bepaal deur die delikate geraamte-bene van ʼn afgestorwe voël
in die weegskaal van ʼn kombuis
waar die gesprekke van bemindes
soos vlesige gebede na die sterre verskiet
In Nieu Bethesda hang die stof in strate met verganklikheid bekroon
soos duiwels wat draai in die wind
die son span sy koets met die mooiste perde om ons almal te kom haal
vir ʼn feesmaal wat die honger van arm nagte sonder troos voer
vanuit die peer laning langs die stroom wat onophoudelik uit die aarde kabbel
op Nieu Bethesda wil ek geruisloos die weegskaal in die sterre probeer haal
want Nieu Bethesda; is ʼn mooi genoeg plek om jou bene agter te laat 

Video deur Chris Wait


Foto deur Chris Wait