F   R   E   E               W   I   L   D              W   O   R   L   D 
 New Media Creation - Video Production - Photography - GONZO Style Blog - Art - Music - Writing
1128

besoekers

Troos

Ek gaan jou kom haal as jy wegraak in die doolhof van jou huis
as die splinters van jou lewe palms met leiklip vergruis
as die beloftes van jou minaar dreig om jou te flous
as ‘n vertroueling van baie jare met jou geheime begin smous

ek gaan jou kom haal by die bruilof van die een wat jy verlang
as die vlerke van jou duiwe sonder rigting in die wind bly hang
waar ou gesigte in bloue newels onder baie vrae verdwyn
en die spoke uit jou drome in die stad se poorte veskyn

ek is die roep van die wind in die storm wat praat sonder taal my lief
en die donderweer stroop ons almal soms kaal
ons is die gerwe van ‘n oes gegroei in geploegde grond gedief
deur al die dinge wat die droogte probeer keer as ons wil dans

ek sal jou vind tussen die blaaie van ‘n lank vergete boek
waar ‘n man na vele togte die heldin finaal moet groet
in ‘n koma van dekades in die kamer waar almal vergeet
om die getye van die jare getrou te bly meet