F  R  E  E       W  I  L  D       W  O  R  L  D 
 A   T  r  a  v  e  l   B  l  o  g   f  o  r   t  h  e   W  i  l  d   a  t   H  e  a  r  t

As jy sopas op die bladsy aangeland het, kliek HIER om jouself te vergewis van wat hier aangaan...

Ek het die manuskrip ‘n paar jaar gelede begin en nie baie vêr gekom nie. Ek herskryf nou die begin en tel op waar ek laat staan het.

PUBLIKASIE VAN DIE WERK OP DIE INTERNET IMPLISEER DAT KOPIEREG VOORBEHOU WORD DEUR DIE OUTEUR. 


                         DIE REISE VAN MARCEL LEROUX

                                               'n ROMAN DEUR CHRIS WAIT


Die Reise van Marcel Leroux                                                                               Bladsy 1                                                                                  

                                                    ‘n Swerwer Word Gebore 

Die son skyn welig oor Parow Suid. In die half-donker van die kelder-vertrek in sy Moeder se huis sit ‘n sweterige 32 jarige man sonder ‘n hemp en kyk na die flikker-beeld op ‘n tv skerm. Die klank is oorverdowend hard, die verf skilfer teen die mure, die beddegoed ryk suur en klam, die brommers draai in oneindige sirkels van agt teen die bleek plafon, en die gloeilamp van een en alleen wieg aan sy koord, swiep drog skadu beelde teen die kaal, gebarste vloere.

Marcel sit en staar na die laaste bietjie afsaksel in die dun glas lollie se steel. Dis vier-uur op ‘n Sondag middag en sy tik het pas opgeraak, ‘n lang nag lê voor. Hy flik die aansteker aan en hou dit onder die glassteel terwyl hy stadig die lollie heen en weer beweeg totdat die wit rook begin bol. Hy hou die pypie teen sy lippe, dis warm en ruik na plastiek, hy trek stadig en diep na binne terwyl hy aanhou om die pypie te verwarm. As sy longe vol is hou hy die lug vir so lank as moontlik binne, voordat hy dit stadig uitblaas in ‘n groot, wit wolk wat dralend die enkele sonstrale van-uit die nou bo-vensterjie in ligstroke breek.

Daar is ‘n klop aan die deur, eers sag; en dan al hoe harder.

"Marcel…Maaarcel! Maak die verdomde deur oop man!"

Dis Bettie, Marcel se laatlam suster.

“Ek is die God van Bet-El waar jy olie op 'n klippilaar uitgegiet en 'n gelofte teenoor My afgelê het. Maak klaar en trek weg uit hierdie land Gaan terug na jou geboorteland toe."

“Ek kyk fokken TV, los my uit!”

Doef-doef-doef. “Maak oop, dis belangrik!” Doef-doef-doef!

Marcel staan op en skakel die TV af. Die brommer is skielik duidelik hoorbaar in die hol stilte van die vertrek. Marcel stap teen die trappies op, hy ruk die deur oop en vra ge-irriteerd: “WAT?”

Bettie staan met haar hande op haar heupe en kyk hom fronsend aan: “Ons Oupa is dood.”

Haar woorde drentel omsamehangend deur die kosmos van sy brein en dit vat ‘n rukkie voor hy registreer. “Watter een?”

Bettie se mond hang in verbasing. “Oupa Willem man, die ander een is dood voor ek gebore is. Jissis Marcel, voel jy dan niks nie?”

“Het jy geld?”

“Vir wat?” Haar vet gesig spel verbasing.

“Fokkol met jou uit te waai nie. Het jy geld?”

“Ag nee Marcel, ek dog jy het sê jy gaan ophou. Het jy nie gehoor wat ek sê nie, ons Oupa is oorlede, hartaanval.”

Marcel lyk verbaas: “Hart-aanval? Ek dog hy het prostaat kanker… gehad?”

Wat nie Bettie of Marcel weet nie is dat liewe Oupa Willem prostraat kanker ontwikkel het van die skootrekenaar se battery waarop hy pornografie gekyk het terwyl hy regop in die bed gesit het met die rekenaar op sy skoot. Die hartaanval het gekom tydens ‘n maraton masturbasie sessie toe hy sy klimaks

 

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 2 

saam met Jenna Jameson bereik het. Haar ‘small death’ het tot sy ‘big death’ gely.

Marcel se verbasing is oor in sekondes. As jy getik is, is jou konsentrasie vermoë wispelturig: “So het jy nou vir my geld of nie?”

Bettie trek haar gesig: “Nee, loser!”

“Kom nou, ek sal jou muff.”

Bettie se vet gesig trek styf in ‘n spasmatiese gril.

“Jy’t… jy’t hulp nodig! Fokkit!”

Marcel slaan die deur toe. 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 561 -  Hoeveel Nog: 89 439

Neem deel en maak 'n belofte om die volgende stuk geskryf te kry. Dit kan enige iets wees, van sunrise toffies tot 'n ruimtevaart.

Die kwessie is of Afrikaans nog relevant is in die moderne konteks:

Is Afrikaanse prosa oor die algemeen te eng en agter die tyd?

  ja   nee

VOLGENDE BELOFTE: Vir joernalis Pieter van Zyl wat my gaan help met taalversorging (een van my oudste vriende.) Thanks Pieta!

1 693 woorde vir joernalis Pieter van Zyl...

Jannie Ferari het sy naam gekry as gevolg van spoed. Hy eet en drink vinnig, hy ry vinnig en hy praat vinnig: “Marcel het my gebel en gesê ek moet hom gaan haal met die bakkie want sy oupa is dood en hy wil ‘n kluis gaan optel wat hy ge-erf het en ek dink dis Barry se great dane wat die heeltyd op ons gras kak want dis die enigste hond in die omgewing wat groot genoeg is om sulke berge te versit so ek kan nie die kinders by die skool kry nie en jou Ma moet ophou met haar vervelige kak oor my drinkgewoontes want sy…”

“STOP!’ Jissis Jannie, stadiger, ek kan nie uitmaak wat jy sê nie.”

Nonnie is ‘n groot, ernstige vrou met ‘n sombere ge-aardheid. Sy het eenmaal Jannie by ‘n braai so hard gebliksem met die plathand nadat hy met een van haar vriendinne probeer afhak het in die opwas kamer dat hy 30 persent van sy gehoor in die regter oor verloor het. Nou staan sy met haar voette wydsbeen in die gang geplant en hou haar dik, vlesige vingers omhoog in ‘n stop teken en kyk Jannie uit die hoogte met ‘n vuil blik aan.

“Wat het jy gesê van die kinders?”

“Eh…Marcel…jy sien…”

Jannie vroetel in die boonste sak van sy oranje golf hempie en bring ‘n pakkie Lexington na vore.

“Man, Nonnie; Marcel is in die kak en hy het my hulp nodig.”

Hy steek ‘n krom sigaret aan en trek die rook vinnig en diep in.

“Daai stuk kak van ‘n man, elke keer as hy kamstig jou hulp ernstig nodig het tref een of ander ramp die 20 vierkante meter waarin hy homself bevind. Laas moes ek julle kom uitbail in Seepunt polisie stasie nadat hy ‘n crackhoer met die vuis geslaan het. Nee wat…”

Jannie val haar verdedigend in die rede: “Ja maar daai was ‘n anderste storie en ek was net toevallig daar man, sy’t hom gebyt op die p…”

“Jannie! Bly stil en luister wat ek vir jou sê. Marcel Leroux is ‘n slapgat moeilikheid-maker wat net aan homself dink. Wanneer laas het hy iets goed gedoen vir jou? Hê?”

“Ja maar hy’s my pel van sta…”

“Stander 2 af ja fok ek weet, ek is al agt jaar met jou getroud, met jou en die verdomde Marcel.”

Jannie teug diep en protesteer in ‘n blou rook kolom:

“Ag man hy was nie altyd so nie en hy gaan net deur ‘n kak phase nadat daai ander teef hom gelos het, hy sal weer regkom en hy is ons kinders se peetpa

 

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 3

en hy het my hulp nodig asseblief Nonna darling I’ll make it up to you baby I’ll go down on you tonight my baby…”

“STOP, skep asem meneer. Nou in watter kak bevind die poephol hom nou weer? Is hy in die tjoekie? En praat NORMAAL.”

Jannie snak ‘n sug van verligting, as sy eers navrae rig is daar hoop. Ten spyte van haar harde uiterlike weet Jannie sy liewe Nonna het ‘n moederlike hart van goud en dat sy eintlik baie omgee vir daai mal doos Marcel Leroux.

Jannie oorweeg vir ‘n oomblik om haar ‘n stront storie te spin, maar hy verban gou die gedagte. Voor haar aangesig is hy maklik die kakste leuenaar in die Suidelike halfrond, om nie te praat van die suide van Parow nie; en sy vang hom altyd uit. Uh uh, neewat, dit sal dinge net vererger.

“Marcel se oupa het lepel gesteek. Hartaanval. Al twee weke terug. Die 92 jarige seniele kont het al sy besittings vir die SPCA bewillig behalwe ‘n gebreekte mikrogolf-oond uit die tagtigs wat hy vir Bettie gelos het, en die… uh…kluis. Een of ander donnerse ou geroest kluis. Marcel se kar is nog by die panelbeaters na sy laaste ongeluk en hy wil hê ek moet hom gaan help om die kluis te kry. Asseblief Nonna baby, ons praat hier van ‘n gebreekte man wat rou. Die man het my hulp nodig.”

Nonna lag ‘n harde skaterlag: “Hie, hie, hie…gebreekte mikrogolf-oond, he, he he…die ou toppie het sy sin vir humor tot die laaste behou, ha-ha-ha… daai Bettie kind kan mos nie eers ‘n aartappel kook nie…hie-hie-hie…”

Sy hou skielik op. “Ja okay, sorry, ek moet nie lag nie. Is die ou oraait? Jy kan gaan, maar you’ll go down on me first, ek sal die kinders kry.”

Nonnie stap oor met ‘n slinkse glimlag. Jannie druk sy sigaret dood, vat haar hand en ly Nonnie liplekkend en kalm soos ‘n hoender op Novocaine na die slaapkamer.

 

Marcel lê op die naat van sy rug met sy oë toe. Hy lê op die vloer voor die luidsprekers en luister na die langspeel-plaat. Marcel is opsoek na iets diep binne homself. Die plaat klik en die naald lig. Hy staan op, draai dit om en gaan lê weer. ‘n Jakkals huil en sonbesies sing in die agtergrond. Hy het die plaat een gister by ‘n vlooimark gekoop. Geluide van die Bosveld. Volume 2. Marcel wag dat die beelde na hom beweeg. In die begin is dit net swart. Na ‘n kort rukkie draai groen en pers wolke in maal bewegings voor hom, en dan; as hy dit regkry om aan niks te dink nie; verskyn die beelde. Hy sien Oupa Willem op sy stoep op sy plot net buite Hartebeespoort Dam. Hy sien ‘n klein seuntjie aangehardloop kom met iets in sy hand. Die seuntjie skree opgewonde en gaan staan voor Oupa Willem en hou sy hand uit, sy delikate vuisie gebol. Die beeld zoom in en wys die toneel van naby.

“Wat is dit Oupa se grootseun? Wat hou jy daar vas? Kom wys vir Oupa”, por die ou man se rasper stem. Die seuntjie trek eers skielik sy vuis weer terug in ‘n terg beweging en steek dit dan weer uit.

“Kom nou boetie, wys vir Oupa.”

Die seuntjie se vuis gaan oop en die palm van sy hand ontbloot ‘n uitgeslagde oog. Die ou man lyk geskok en snak na sy asem: “Waar kry jy dit?”

Die seuntjie draai om en hardloop laggend weg. Die ou man staan op en gaan deur die krakende sifdeur. Hy roep: “Koeks! Koeksie kom hier!”

 

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 4

‘n Vrou met ‘n hartseer uitdrukking op haar gesig stap die kombuis binne. Sy vra besorgd: “Wat nou Pappie? Wat’s fout?”

“Dis daai kind van jou, die mannetjie is van die bose ek sê jou. Ek het nou so geskrik ek het amper ‘n koronêr geskiet.” Hy hyg en stotter.

“Wat is dit tog nou weer Pa. Hy is net ‘n klein seuntjie, wat kan hy nou aanvang wat Pappie so ontstel? Kom sit hier.”

Die ou man gaan sit by die tafel. Hy haal sy slaprand hoed af en sit dit langs die asbak met sy pyp op die blad neer.

“Wragtig Koeks, jy sal my nie glo nie, maar die klein senuterger het wragtig ‘n oog; ek sê jou, so groot bloue wat hy in sy hand rond dra. Watse tipe kind speel met ‘n oog? En waste oog is dit?”

Die vrou lag maar sit dadelik haar hand voor haar mond.

“Ontspan Pa, dit kom seker uit die sak afval wat Tannie Treinie oorgestuur het. Ontspan tog nou, ek maak vir Pappie ‘n lekker koppie tee. Hoe klink dit?”

Die beeld smelt weg en ‘n ander een neem sy plek. Dus laat skemer en die ou man staan met ‘n graaf in sy groentetuin by die onderste draad. Die seuntjie staan en gaap hom aan. Die ou man stap nader en vat hom aan die hand. Hy ly hom deur die ruie ranke van ‘n pampoen plantasie binne.

“Kom kind, laat Oupa vir jou ‘n geheim wys.”

Hy haal ‘n Okapi mes uit sy broeksak en buk vorentoe. Die mes blink in die lae son. Hy druk die lem onder die ranke in en sny ‘n pampoensteel af. Hy hou dit omhoog voor die kind se opgewonde oë: “Kyk, ek gaan jou iets wys, maar dis ons geheim gehoor?”

Hy sny die boonste blaar gedeelte af en maak ‘n gleuf aan die onderste ent. Hy druk die onderste deel in sy mond en blaas daarop.  ‘n Trompet geluid is hoorbaar in die skaam laatmiddag stilte. “Sien, dis ‘n pampoenfluit.”

Die kind steek sy hande gretig uit: “Gee-gee!”

Die ou man gee vir hom die steel. Die kind blaas daarop. Die geluid betower hom. Hy lag. Die ou man vat die steel uit sy hande en sê: “As jy so fluit wil hê, moet jy dit self maak meneertjie. Dis die reel. Hier, vat die mes en bring dit vir Oupa by die huis as jy klaar is.”

                                                

Die seuntjie vat die mes. Hy voel asof ‘n groot oomblik aangebreek het in sy jong lewe. Hy is gevul met vrees, die vrees dat hy homself en die man gaan teleurstel. Hy buk af en vroetel angstig tussen die pampoen stele. Hy sny een af, raak ontslae van die blaarkant en maak dan ‘n gleufie aan die onderkant. Hy kyk daarna, sy hartjie klop vinnig. Hy bring dit na sy mond en blaas: Dit werk nie. Die lug suis geluidloos deur die groen steel. Hy voel verward. Hy probeer weer. Die tweede een werk ook nie. Nog ‘n keer en die derde een is ook onklaar. Dis nou so te sê donker. Hy gaan sit op sy hurke en ween. Hy stap vol vrees en skaamte terug huis toe met ‘n klomp pampoenstele in sy hand. By die agterdeur gooi hy hulle neer en voel hoe die kwaadgeit sy binneste brand. Hy gaan nie direk met die mes na die ou man toe nie. Hy sluip verby die kombuis en sit die mes op die portaal tafeltjie neer voor hy ophardloop teen die trappe na sy kamer toe. Veel later, toe die maan en die sterre deur die venster glinster besef hy sy fout. “Ek het die stele te hoog afgesny Nou’s dit te laat. Ek was dom! Dom!.” Hy slaap nie daai aand nie. Daai aand baklei hy met die ou man en sy lang Okapi mes. 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 2 254 -  Hoeveel Nog: 87 746

Belofte: wat ek nodig het is kos en drank, maar enige iets sal doen.  

16-11-2016  - Kaapstad

Vandag se kwessie handel oor taalpurisme

Is taalpurisme tans in Afrikaans belemmerend vir die organiese groei van die taal?

  Ja   Nee

VOLGENDE BELOFTE: Ek dra die volgende deel op aan Melania Trump. Dankie vir die isnpirasie, bokkie!

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 4

‘n Geritsel by die deur bring Marcel terug in die hede. Die plaat het lank reeds ophou speel. ‘n Koel bries spoel oor die drempel en stoot die geur van sterk tabak in ‘n onsigbare golf oor die sement vloer wat ‘n brander van herhinnering breek in Marcel se neus vleuels. Die ritmiese senuwee-agtige klop van Jannie Ferari breek die stilte.

"Jannie!, kom in."

Die deur gaan oop en Jannie verskyn met ‘n sigaret in die een hand en ‘n sixpack biere in die ander. Marcel staan op en stap na die speler en haal die plaat af. Jannie gaan sit op die bed en knak vir homself en Marcel elkeen ‘n bier. Hy hou dit uit en Marcel vat dit. Hulle klink die bottels en die klank skarrel deur die leë vertrek, dit eggo teen die mure.

“Cheers.”

Hulle drink vir ‘n rukkie en stilte terwyl Jannie se blik stadig die toestand van Marcel se kamer inneem.

“Wat het van jou amp geword, en die kitaar?”

Marcel mompel: “Verkoop.” Hy vroetel deur sy plate en kies een.

“Verkoop? Vir hoeveel?”

Marcel kies ‘n plaat, Atom Heart Mother van Pink Floyed. Hy sit dit aan en vat ‘n lang sluk aan sy bier.

“Vir min.” Die musiek begin speel.

Jannie flik sy as ge-irriteerd op die vloer en lig sy stem bo die musiek:

“Jy’s fokken kêns Le Roux. In die laaste drie maande het jy alles verkoop behalwe jou tv en daai platespeler. Kyk hoe lyk die plek dit lyk soos ‘n bergie hoernes papiere bier blikkies en vuil borde kos en dit stink jy stink en jy lyk bleek wanneer laas het jy son gesien? Dis hoogtyd dat ek en jy bietjie ‘n mission pull ek en Nonna praat juis vandag hoe skaars jy geraak het so waarheen…”

Marcel sit die klank harder. Jannie gaan voort met sy monoloog maar Marcel is slegs bewus van sy lippe wat op en af beweeg in ‘n stortvloed woorde wat opgesuig word deur die harde musiek. Marcel maak die bier leeg in een groot sluk en maak nog een oop. Hy wag tot Jannie se lippe ophou beweeg en sit dan die klank sagter.

“Jy praat te veel en luister te min Jannie. Soms moet mens met jou oë luister, begryp jy? Nevermind. Wat dink jy van die musiek? Dis ‘n original copy. Weet jy hoe skaars dit is? 1970. Dit gekoop van ‘n acid-kop by die Paarden eiland vlooimark op Sondag, was seker sy outoppie sin gewees.”

Jannie gooi sy stompie op die vloer en steek dadelik nog een aan.

‘Weird. Jy’s weird. Jy het nie geld vir sigarette en bier nie maar jy hang op vlooimarkte rond en koop ou plate. Gee bietjie daai cover aan.”

Marcel gee dit aan, Jannie kyk daarna. “Die koei is ook weird. Jissis, tyd vir vars lug so wat doen ons vandag jy het gesê ons moet ‘n kis optel so gaan ons move of wil…”

“Kluis, nie kis nie, kluis.”

“Ja whatever, so gaan ons line of wat?”

Marcel sit sy vinger voor sy lippe: “Sjoes!, na die volgende track.”

Hulle luister, drink bier en rook tot die musiek ophou. Marcel sit die plaat pynlik stadig en versigtig terug in sy houer terwyl Jannie onderlangs mompel:

“Weird, fokken weird.”


Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 4

Marcel vat ‘n derde bier. “Kom ons waai.”

Hulle stap by die trappe op. In die tuin staan Marcel se Ma hande-viervoet en krap in die grond rondom ‘n roosboom. Sy kyk op as Marcel en Jannie nader kom.

“Genugtig Jannie, het jy hom uit die kelder gekry? En met watter magiese krag nogal?” Sy lag, maar haar oë bly dood. Sy kyk na Marcel.

Marcel staan met sy hande in sy sakke. “Dag Ma. Ons gaan gou daai kluis haal. Het Ma iets nodig?”

“Nee wat my kind, jou Ma wil net hê jy moet nugter terug huis toe kom.”

“Ag Ma moennie begin nie, shit…” Marcel stap na die bakkie toe en gaan sit in die pasasiers sitplek. Hy slaan die deur toe en sit die radio aan.

Jannie kyk hom agterna en dan na sy Marcel se ma wat steeds vroetel met die kluite. “Weird.”

Tannie Koeks kom orent en stap nader aan Jannie, sy sit haar hand liggies op sy skouers en sê saggies maar indringend: “Kyk mooi na my kind.”


‘n Rit saam met Jannie Ferari is ‘n onvergeetlike ervaring. Jannie ken net twee vorme van beweging: Die eerste is stilstaande saam met die tol van die aarde rondom sy eie as in ‘n eliptiese sirkel om die son, en die ander is so vinnig as moontlik vorentoe, verkieslik in ‘n warm gemaakte motor rondom Kraaifontein se dirt oval. Jannie trek weg met skreeuende bande en Marcel sak weg in sy stoel. Hy begin wonder of dit ‘n goeie idée was om daai Durban Poison wat hy by die bure se laaitie gescore het te rook voor sy meditasie sessie. Hy was lanklaas in ‘n voertuig oppad erêns heen sedertdien hy sy eie skedonk deur Bennie Kampfer se tuin hekkie forseer het opsoek na ‘n goeie plek om by die venster uit te kots op sy pad terug van die Happy Rest Shebeen.

“Jeeees… hokaai nou cowboy…”

Jannie bestuur onge-erg met ‘n sigaret wat aan sy onderlip hang asof hy besig is om ‘n klomp tannies van die oue-tehuis vir ‘n piekniek te vat. Hy kyk na Marcel: “Wat’s fout met jou? Lyk of jy ‘n fokken spook gesien het. Wit soos ‘n laken en groen om die kuwe.”

Marcel leen vorentoe en sit sy hande op die paneelbord en kyk met angs in sy oë na die naderende stopstraat teken. Jannie kyk hom steeds met ‘n frons aan en sy konsentrasie word ‘n snars te lank van die pad afgetrek, as hy weer vorentoe kyk sien hy dat hy te naby aan die stopstraat is om normaal die spoed te verminder en hy voer ‘n noodbriek handrem-draaibeweging uit. Die bakkie tol en kom net betyds tot stilstand met die neus in die verkeerde rigitng voor die stopstraat en aankomende verkeer.

“Sjit, dit was close.”

Marcel maak die deur oop en leuen halflyf uit. Hy spoeg in die pad en bly vorentoe geleuen vir ‘n goeie half minuut voor hy orent kom en Jannie met wasige oë aangluur: “For fuck sakes Jannie, kan jy nie net vir een slag soos ‘n normale mens bestuur nie? Huh? Ek voel siekerig vandag man.”

Jannie haal sy skouers in ‘n teken van onskuld op: “Wat? Waar het ek nou anders as normaal gery ek het een ou foutjie gemaak na hoeveel jare een ou donnerse foutjie en nou wil jy my kop afbuit stank vir fokken dank wie doen


Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 5

wie ‘n guns hier hê jy’s te sensitief dis jou probleem jy moet ballet gaan doen of iets…”

Marcel skud net sy kop en sak weer terug in sy stoel in totale oorgawe aan die situasie terwyl Jannie al pratend voort jaag asof niks gebeur het nie.

Jannie onthou skielik dat hy nie weet waarheen om te gaan nie en stop dood in die middel van die pad. Die motor agter hom toet en hy leuen by die venster uit en wys sy middelvinger terwyl hy sy vaardigheid in swets vir die hele wêreld vertoon. Die ma en haar twee kinders lyk verskrik. Sy gooi haar motor in trurat en maak dat sy wegkom.

“Donnerse teef. So waarheen gaan ons nou weer?”

Marcel vroetel in sy baadjie se sak en bring ‘n paar aaklige groen donkerbrille te voorskyn. Hy sit dit stadig aan, lê terug en vou sy arms oor sy bors en sê mompelend: “Bellville stasie, en jy dink ek is weird? Grapjas. Ry tog net.”

Jannie laat nie op hom wag nie. Met die wegtrek rol daar ‘n halfvol bottel rum uit die paneelkissie op Marcel se skoot. Marcel tel dit op en kyk hoe die lig daardeur syfer: “There is a God? En dit Visagie? Weet Nonna hiervan?”

Jannie lag: “Vat ‘n sluk ou maat, mens kan nie nugter deur die lewe gaan nie maar as Nonna uitvind ek suip deur die dag is daar moerse kak so jy hou jou fokken bek pêl toe sluk en pass aan.”

Marcel skroef die prop af. “Don’t mind if I do, thank you captain my captain.” Hy vat ‘n groot sluk en die vloeistof brand ‘n bitter-soet stroom is sy gorrel af en gaan lê met ‘n kalm warmte in sy maag. Skielik lyk die dag al te fraai. Hy gee die bottel vir Jannie aan en sit die radio harder. Hy begin saam met die deuntjie sing. Dis ‘n liedjie van Billy Forest: Lazy life.

In snelle vaart beweeg die wêreld verby. Alles lyk anders deur die ruite van ‘n vinnig bewegende vistenk op op die maat van musiek met die soet reuk van rum om jou bedwelmd te hou. Die geboue in Voortrekkerstraat sliert verby. Mense langs die pad staan en staar, verbyster deur die Dopler effek. Marcel wonder of Einstein rêrig so slim was. Van waar hy sit lyk die relatiwiteits-teorie relatief eenvoudig. Hoe stadiger jy beweeg, hoe vinniger beweeg die wêreld; en hoe vinniger jy beweeg, hoe stadiger beweeg die wêreld. “Wat’s nou so moeilik daaraan? As jy dom is moet jy slim wees en as jy slim is moet jy dom wees.”

By die taxi staanplek buite die stasie mis Jannie ‘n hele paar voetgangers met enkele sentimeters en kom weereens met ‘n geskree van bande tot stilstand. Marcel kyk na die bottel en sien dat dit byna leeg is, hy vat ‘n finale teeg voor hy die bottlel by die ruit uitgooi. Dit breek met ‘n slag op die sypaadjie en spat aan skerwe.

“Nee man Marcel,” protesteer Jannie, “… dis mos nou nie mooi nie?”

‘Ja-ja, sorry Janneman, het nie gedink nie.”

Hulle klim uit en stap na die informasie toonbank. ‘n Lang maer man met ‘n seuntjie gesig beduie hulle waarheen om te gaan: “So julle is die manne van die kluis? Is dit net julle twee? Good luck”, grunnik hy.

Marcel en Jannie kyk vir mekaar.

“So wat is die ou se probleem?” vra Jannie terwyl hy vroetelend soek na sy sigarette. Marcel haal net sy skouers op en stap aan. Drank is geneig om Jannie se kop bietjie te laat uithak, hy raak agresief; veral as hy mense wat veel groter en langer as hy is teekom; wat nogal gereeld is aangesien Jannie

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 6

kort en klein van gestalte is. As Nonna die Jang is, is Jannie defnitief die Jin in hulle verhouding wat fisiese dimensies en emosionele ge-aardheid aanbetref. Jannie is klein, kompak en donker met ‘n baie kort lont. Nonna moer mense om die vrede te bewaar en Jannie moer mense om kak te stir, en as enige iemand dom genoeg is om tussen hulle te kom of in te meng met die familie bevind die betrokke individu hom of haar te midde die skrikwekkende elemental kragte wat die heelal tergerlykertyd uitmekaar skeur en terselfdertyd bymekaar hou.

“Jissis ek scheme daai ou dink ek’s ‘n poephol. Het jy gecheck hoe hy my gecheck het?”

Marcel sug, hy weet al wat kom en al wat hy nou kan doen is sy bes om te keer dat Jannie se racing mags nie heeltemal afkom nie.

“Chill Jannie, niemand het niemand skeef uitgecheck nie. Ons gaan gou die ding optel dan gaan speel ons ‘n game pool, drink ‘n paar biere. Koel af.”

Jannie stop skielik: “Tune jy my ek moet afkoel huh?”

Marcel herken die stemtoon. “Nee man, ek sê ek en jy gaan nou-nou lekker afkoel met ‘n paar biere”, paai hy.

“O.’

Hulle stap aan. By die goedere kamer moet Marcel sy papierwerk en sy I.D. vertoon. ‘n Man beduie hulle na ‘n plek agter in die hoek. Hulle kom by ‘n ou veroeste kluis van ongeveer een-en ‘n halwe meter by ‘n halwe meter wat op ‘n trollie staan.

“Lyk vir my maar soos ‘n stuk kak”, sê Marcel terwyl hy met die een voet teen die kluis skop.

“Moennie so negatief wees nie” val Jannie hom in die rede, “die ding is dalk ‘n antique, jy kan dalk iets kry vir dit.”

Marcel snork. Hy kyk terug en roep na die beampte wat hulle gehelp het.

“Wat van sleutels en so?”

Die man trek net sy skouers op en sê niks.

“Stuk kak! Ou senile doos” is Marcel se laaste woorde voor hy mik na die trollie se stuur-stang.

Marcel neem die stang met beide hande vas en beur vorentoe. Die trollie staan vas. Hy kyk na Jannie wat met sy hande op sy heupe staan.

“Sjit, sorry.”

Jannie val in en saam kry hulle die wiele net-net aan die draai. Na ‘n paar meter het hulle genoegsame momentum opgebou om darem ‘n mate van vooruitgang te maak.

“Fokkit die ding is swaar. Wat scheme jy is hier in?” vra Jannie.

“Soos ek die outop ken het hy waarskynlik sand hier ingesit, of klippe; en dis nou sy laaste lag lekkerste grappie.”

Dit vat hulle die grootste deel van twintig minute om dit tot by Jannie se bakkie te maak en daar gekom is albei gedaan. Hulle lê hygend teen die enjin kap terwyl jannie vir hulle sigarette aansteek.

“Ek weet nie of dit die moeite werd is nie Jannie, ek meen hoe gaan ons die ding hier op kry, wat wou weer van afkry? Mens kan seker ietsie kry vir die ding as scrap metal maar die nie al die gesweet die moeitewerd nie. Kom ons los die ding net hier en fokkof.” Hulle oorweeg die situasie vir ‘n wyle terwyl hulle rook. Jannie is eerste om die stilte te breek: “Sê nou maar daar’s guns

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 7

in, hê? Wil jy die ding net hier los tussen al die ouens?” Hy wys na die straat verkopers wat die whities ge-intereseerd aangluur.

Marcel lug sy skouers op ‘What do I care? Of is jy nou alweer op ‘n swart gevaar trip, o die arme vrouens en kinders gaan verkrag en geskiet word want die swartes het wapens? Dis die een ding van jou wat my nog afpis; Jannie: jy’s ‘n closest rasis soos die meerderheid van die res van ons Afrikaner volkie. Liewe hel ek’s diep gatvol vir die land. Hier’s niks freedom nie, niks verander ooit nie. Die spelers om die tafel wissel mekaar af maar die game bly dieselfde.”

Hulle rook in stilte klaar voor Jannie weer praat: “Ons kan nie die ding hier los nie en dis finish en klaar. Dis jou enigste erfstuk van jou oupa en jy gaan later spuit wees as jy eendag uit hierdie donnerse misantropies fase van jou kom. Ja dis reg, m-i-s-a-n-t-r-o-p-ie. Nie gedink ek ken sulke woorde nie nê?”

(Die volle waarheid is dat Nonna al vir jare lank na Marcel As ‘n misantroop verwys en dat Jannie dit eergister opgekyk het in haar woordeboek wat sy op die kombuistafel vergeet het.)

“Besides that, as daar gewere in is stel ek daarin belang. Ek sal dit by jou koop of iets. Ons kan ‘n paar van die ouens wat hier rondstaan elkeen ‘n paar rand gee om ons te help om die ding te laai. Kom lyk beter.”

“Ironies”, grunnik Marcel, en skiet sy gloeiende stompie oor die warm gebakte teer. 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 4 806 -  Hoeveel Nog: 85 194


Belofte: 'n papsak sal cool wees (so kleintjie is fine).  

18-11-2016  - Woodstock flat, Kaapstad

Versteekte Rasisme onder Afrikaners

Hoe erg is versteekte rasisme nog onder Afrikaners?

  Te veel.   Nie so erg nie.   Hier kom groot kak!

VOLGENDE BELOFTE: Ek dra die volgende deel op aan die girl wat gistraand haar wyn hier gelos het. Dankie, ek gaan dit nodig kry vandag. Die 2 731 woorde is vir jou!

Die kroeg is net ‘n gat in die muur. Dis versteek in ‘n systraat tussen ‘n twee verdieping hoerhuis aan die eenkant en dobbelhuis aan die onderste end. Wentley straat is waar die diepste deel van die nag gaan skuil in vrees vir die son en waarheid. Dis die plek waar jong mans hulle drome kom veruil vir ‘n rooilig neon nommer agter glas en ou mans hygend hulle drome probeer herwin tussen die blink gesmeerde bene van ‘n kreun.

“Wag eers.” Marcel vroetel in sy sak en bring ‘n koper pypie na vore. In die een end is daar ‘n stukkie goldilocks gedruk. Uit sy ander sak haal hy ‘n stukkie wit kristal wat in deursigtige plastiek toegedraai is. Hy haal die rock uit die plastiek en breek dit in twee. Hy krummel die een helfte bo-op die goldilocks en verwarm dit met sy aansteker. As die rook begin vorm suig hy aan die ander kant en teug diep en stadig na binne. Hy hou die rook in sy longe vir so lank as moontlik voor hy dit stadig uitblaas. Die crack se impak is onmiddelik en kragtig: Dit voel asof Marcel se hele liggaam van kop tot tone met die warm asem van hipnotiese ekstase gevul word.

“Yeeees maaaan… kan ‘n man dan nie…”

Hy hou die pypie uit na Jannie. Jannie neem dit en hou dit by sy lippe terwyl Marcel die pypie se end vir hom verwarm met die aansteker. Jannie trek diep in en hou, hy maak sy oë toe en konsentreer op die gevoel van kalm warmte wat sy wese penetreer en sy brein verhelder.

“Jis jaaaa… lanklaas so gevoel.”

Hulle rook onmiddelik die res van die crack op en sit vir ‘n geruime tyd sonder om iets te sê en kyk by die voorste ruit uit. Die ligte by die ingangsportaal van Wendy’s glim helder in die soel, sterk skemer van ‘n rustelose Vrygdag aand aan die begin van die somer.

“En die kluis? Al iets gemaak daarmee?”

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 8

 

“Nee, besluit nog.” Hulle sit en bespied die straat met ‘n paradoksale gevoel van kalm rusteloosheid. Die stilte druis alom, dit hang soos ‘n onbekende spook met ‘n stem wat die taal van ou geeste praat.  

“Sal ons gaan?”

“Ja wat.”

Hulle stap soos cowboys in ‘n Clint Eastwood film: stadig, gemaklik en seker van hulle-self oor die nou straat. Jannie fluit. Die deuntjie boomerang teen die mure vol graffiti en verdwyn in die steeg af. Hulle stap na binne en staan en bekyk die omgewing. Groepies mans sit om tafels en blaas rook in die lug. By die kroegtoonbak sit ook ‘n paar kêrels en hier en daar sit die dames, yl versprei in die landskap vol kamma-kamma bravado en alleen. Daar is groot spieëls oral teen die mure en ‘n elektroniese skoffel-skoffel techno beat bars lukraak deur groot, swart luidsprekers wat met stewige kettings opverskillende posisies teen die mure vasgeketting is. In die een hoek is ‘n verhoog met ‘n loopplank en voor dit is ‘n paar roomkleurige gemak-stoelle. Marcel en Kallie stap na die kroeg-toonbank en Jannie trek die jong meisie met die lang wimpers en plastiek gesiggie se aandag. “Twee tequilas en twee Captain Morgans met coke, Dubbels.”

Die meisie skink die drankies soos ‘n ge-automatiseerde robot en sit dit voor Jannie neer sonder om te glimlag. Haar stem klink soos ‘n gebreekte radio as sy praat, moeg en dof:

“R 124 asseblief.”

Jannie skuif ‘n noot oor die blad en en vra: “So hoe laat begin die show bokkie?”

“Hulle sal oor ‘n paar minute begin.” Sy draai om en stap weg.

Jannie gee vir Marcel sy dop en hulle drink. Die koel vloeistof balsem hulle droog gerookte kele en plaas bedwelm gelaaide woorde terug in die holtes van hul monde.

“Ek scheme dit gaan besig raak hier vanaad tjom soos die ouens gepraat het in die workshop vandag gaan die hele blerrie spul hier wees en dis die einde van die maand check daai niggie naby die deur uit siesa maar sy lyk al te fraai vir my kan ‘n man dan nie kan ‘n man dan nie grote visse vang…”

Die woorde gly skadeloos oor Marcel se kop en meng met die stof, roet en ander vergete goed wat in in donker holtes rondom obskure draaie verdwyn en wegraak om nooit weer gevind te word nie. Marcel se wasige blik dwaal oor die vertrek en kom ten ruste op die bortse van ‘n jong blondine met ‘n stywe bloesie en eina rompie. Daar is goud om haar hals, silwer aan haar gewrig en vals diamante blink skisofrenies onder die gedempte disco ligte in haar tiara. Dis duidelik waarvoor sy hier is; sy is opsoek na die kort-pad wat ly na Eldorado; stad van plesier, rykdom en pyn. Hy stap oor na haar toe en gaan sit reg voor haar, die dwelms verjaag die vrees en blaas op roekeloos se warm kole. Marcel ignoreer die verdwaasde man wat styf langs haar sit en vat haar hande in syne terwyl hy in haar onsekere oë kyk.

“So kom jy saam met my vanaand liefling?”

Die vrou glimlag effe geskok en kyk dan vraend na die man langs haar, hy dra ‘n identiese goue ketting om sy nek, net dikker en groter; soos hy. Die goud skitter deur sy welige borshare en Marcel sien hoe sy snor beweeg as hy hard en ferm praat: “Wat defok doen jy boetie?”

Die Reise van Marcel Leroux                                                             Bladsy 9

Hy klap Marcel se hande weg en gee hom ‘n stamp voor die bors. Marcel gaan sit kalm en kyk hom stip in die oë. Hy is besig om op die golf van die noodlot te ry en hy voel asof niks hom kan raak nie.

“Is jy ‘n bietjie stupid jou harige doos, jy kan mos sien wat ek doen? Ek is besig om te praat met die meisie hierso, ons gaan die bed-polka doen tjomma. Jy kan kyk as jy wil. Jy lyk nogal soos iemand wat hou van draadtrek in die hoekie twerwyl jy dink aan jou mammie.” Marcel se bek loop vining en glad vanaand. Gevaarlik vinnig.

Die man staan op en mik met sy groot vet hande na Marcel se keel. Jannie hou die storie dop. Hy weet Marcel hou daarvan om mense te terg as hy in ‘n sekere luim is en hy oortree altyd die grense van ordentelikheid, dis sy manier om ‘n paradigma skuif te bewerksteillig. Hy doen dit al van kleins af. Meeste mense verstaan nie hierdie tipe gedrag nie maar Jannie begryp dis net Marcel se manier om die konvensie van die gemiddelde persepsie te toets. Ons is almal trop diere en die hieargie is bepaal en die sosiale orde bly onbevraagteken, tot Marcel Leroux in sy beweldmede brein anders besluit. Hoekom dan nou nie? Niks is tog regtig seker nie.

Die man het Marcel nou voor die bors beet en probeer om hom uit die stoel te lig. Jannie sluk die laaste van sy dop weg en stap oor. Hy klop die man saggies op die skouer en praat gedemp:

“Hokaai ou maat, die man is net bietjie dronk; hy weet nie wat hy doen nie. Let it go pel.”

Hy vat Marcel om die skouers en trek hom terug, buite bereik van die man se hande. Marcel ritireer huiwerig en hou aan kyk na die vrou.

“Jammer hieroor, vat dit net kalm. Hy’s ‘n bietjie…” Jannie maak ‘n gebaar met sy hand, hy wys na sy kop en tol sy wysvinger in die rondte. Sy lippe vorm die word “Koekoes” en hy verduidelik fluisterend in kamma vertroue: “Maniese depressive”. Die man staan terug en gaan sit weer langs die vrou terwyl hy sê: “Vat die ou net weg voor ek hom bliksem!”

Jannie ly Marcel weer terug na die toonbank en bestel nog ‘n rondte. Die musiek verander en raak harder en die ligte op die loopplank begin helderder flikker. Die vertoning gaan enige oomblik begin. Daar is fluite uit die donker en ‘n paar mans beweeg nader aan die lae verhoog soos wolwe uit die donker wat bloed ruik. Dis ‘n primitiewe oomblik in ‘n baie ou spel.

“Kan jy glo die ou bring ‘n vrou na so plek toe, seker sy skelmpie.”

Marcel se niks. Sy blik is gevestig op die verhoog en hy trek hard aan sy sigaret. ‘n Vrou verskyn op die verhoog. Sy het ‘n blas vel en donker hare. Haar liggaam is gespierd en sy beweeg met die selfvertroue van iemand wat haar profesie al vir jare lank be-oeffen. Marcel wonder wat sy dink. Geniet sy haarself, die aandag en mag? Miskien haat sy die vet, mideljarige mans wat haar aangluur met kwylende oë. Dis waarskynlik bietjie van albei, besluit hy. Mans is tog so maklik om te manupileer as jy hulle ballas in jou hande het. Na ‘n paar minute bereik die vertoning sy klimaks as die vrou op haar rug gaan lê en haar bene wyd oop sprei terwyl sy haar borste maseer. Skielik is dit verby en sy verdwyn deur die sy-opening agter die krale gordyn van waaruit sy vroeër verskyn het.

Jannie bestel nog ‘n rondte en hy kan voel hoe die aand binne hom vlam vat. Hierdie is die hoogste rang op die skaal van Jannie se genotsleer: om saam

Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 10

met sy beste vriend te kan kuier op ‘n payday Vrydag-aand. Dis genoeg vir hom. Dit maak hom werklik gelukkig. Dit is ook waar hy verskil van Marcel. Marcel bly aan met soek na iets anders, die volgende high of vreemde ervaring. Marcel is ‘n rustelose siel maar Jannie aanvaar dit so. Om die waarheid te sê is hy dankbaar daarvoor want hy kan deur Marcel se hardkoppige en ywerwetse optredes dinge ervaar waartoe hyself nie in staat is nie. Hy klap Marcel op die rug en sit sy glas in sy hand.

“Kom tjomma, drink daai ding. Cheers!” Hulle stamp glase.

Marcel kan voel iets wikkel diep binne hom, dis ‘n gevoel wat hy alte goed ken. Dit begin gewoonlik na ‘n paar drankies en dis vanaad sterk aanwesig. Hy konsentreer hard om die verskynsel te beheer, die paranoia te ignoreer; maar hy weet dis net ‘n kwessie van tyd voor dit uitbars na buite en soos ‘n ongetemde hings met hom weghardloop. Dis asof hierdie emosies ‘n lewe geheel en al afsonderlik van Marcel het. Dit ontstaan uit ‘n diep donker put in die kern van sy wese en sleep hom saam op ‘n malle vaart waaroor hy absoluut geen beheer het nie. Hy wonder soms hoe hy dit tot nou toe reg gekry het om nie in die tronk of in ‘n vroëe graf te beland nie, seker genade van bo.

 Marcel staan op.

“Ek gaan gou pis Jannie, ek is nou terug.”

Marcel stap eers teen die rant van die kroeg af en kyk na die mans wat daar sit of staan. Hy kyk na hulle liggaamstaal, hulle gesigsuitdrukkings en na die kleur van hulle oë. Hy neem elkeen se reuk in, luister na elke stemtoon en meet elke gebaar met die krag van sy blik. Hy kom aan die einde van die kroeg toonbank en draai om. Daar is een groot man twee derdes na die end, sy spiere bult en hy het die nek van ‘n bees, maar sy oë is sag en daar is vrees in sy bloed. Twee plekke aan sit ‘n lang seninrige man met sy rug na die kroeg en sy elmboë op die toonbank. Hy slinger venynige opmerkings na die verhoog, sy houding is tartend en uitdagend. Marcel stap terug en gaan staan voor hom en kyk direk in sy oë. Die man kyk hom vraend maar vreesloos aan,

“En nou, soek jy vir kak?” tart die man sonder om ‘n teken van tweifel te toon.

Marcel se uitdrukking is wasig, hy is afgestomp deur die dwelms en drank. Hy het geen gevoel nie, die voorste deel van sy brein is in ‘n koma en die reptiel in sy verstand is stadig besig om te ontwaak.

“Ek dog ek ken jou, jy lyk soos die poes wat ek gister aan jou ma se tiet sien suig het.”

Marcel skree die woorde bo die geraas uit en skielik raak die gesprekke gedemp rondom hulle. Die man staan stadig op met ‘n ysige kyk in sy oë.

“Wat sê jy van my Ma boettie…” hy steek sy hand uit na Marcel se keel, maar Marcel het die beweging verwag en hy klap die man se hand weg voor hy sy voorkop met al sy krag op die man se neus afbring. Die slag is hewig en die man stuier effens na agter terwyl bloed oor sy gesig loop. Hy staan vir ‘n wyle verdwaas voor hy soos ‘n Pitbull vorentoe storm en wild in die rigting van Marcel swaai. Skielik is daar ‘n paar mans om hulle, party hits aan terwyl ander tussen beide probeer tree. In ‘n oogwink is Jannie ook daar en hy dam die grootste ondersteuner van die man met die gebreekte neus met ‘n flink regter by. Skielik is daar chaos. Vyftig jagse dronk mans aan die einde van ‘n harde werksweek op ‘n Vrydag aand gee uitdrukking aan hulle onderdrukte

Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 11

frustrasies deur asbakke en bottels te breek, stoelle deur die lug te gooi en enige iemand binne reik afstand met vuiste en stoei grepe te takel. Enkele meisies hol gillend agter die toonbank in terwyl een of twee brawes hulle onderliggend wrewel vir mans uithaal met ‘n verskeidenheid van voorwerpe en byt tegnieke. Beursies raak verlore en egos word gekrenk.

Dit vat ‘n paar minute vir die polisie om op te daag en orde te bewerkstellig. Teen die tyd het Marcel en Jannie dit reg gekry om hande viervoet te kruip tot agter in die kombuis waar Marcel besig is om gevriesde hamburger patties onder sy hemp in te druk terwyl hy met ‘n dik geswelde onderlip mompel:

“Fokken etters, fok hulle.”

Jannie kry hom aan die kraag beet en sleep hom tot by die agter deur en hulle glip die loeiende nag binne. Hulle moet oor twee mure spring voor hulle in die agterste systraat te lande kom waar albei hygend sit en lag op die rant van die sypaadjie.

“Jissis jy is ‘n mal kont Marcel moes jy nou vir Andre donnerse Kloette kies om aan te vat die doos werk net om die draai van my o gatta ons gaan nooit die einde hier van hoor nie het jy gecheck hoe ek daai ou met die goue ketting op sy poes gee ek scheme ek het …” borrel jannie voort soos die laaste van die adrenalien sy kake laat pomp.

Marcel hou op lag en raak stil. Hy steek sy hand in Jannie se hemp-sak en haal die verfrommelde pakkie sigarette uit. Hy steek een aan en begin rook terwyl hy met ‘n bedrukte uitdrukking bloed in die pad voor hom spoeg. Jannie neem die pakkie uit sy hand en steek ook ‘n sigaret aan. Hy sit en kyk bekommerd na Marcel.

“En nou, as jy so stil is?” Vra Jannie.

Marcel vat ‘n paar trekke sonder om iets te sê. Die gedagtes in sy kop skarrel rond soos honde wat ‘n stuk wors soek in ‘n donker kamer: “Ag ek weet nie, dis actually nie cool gewees nie, ek het nie ‘n cool move gepull daar nie, you know what I’m saying? Shit, ek weet nie wat kom oor my nie. Partykeer wil ek net kak aanjaag om te kyk of ek nog iets kan voel.”

Hy bly stil en rook vir ‘n rukkie.

“Smaak my ek kan nog voel, ek voel lekker kak nou.”

Jannie klop hom op die skouer: “Relax my china; môre lyk dinge weer anders. Jy is mal soos ‘n has maar ek is life vir jou soos ‘n broer.”

Die word ‘liefde’ maak Marcel oor die algemeen bang, maar hy waardeer dit in die oomblik.

Hulle sit en rook elkeen nog ‘n sigaret in stilte onder die straatlamp wat sy lig melkerig oor die wêreld spons terwyl sirenes en blaffende honde die nag rondom hulle inkleur met gebeure waarvan hulle net ligweg bewus is.

“More ja, a new day in the morning’, mompel Marcel voor hy opstaan om te gaan. “Kom Janneman, ek stick jou vir ‘n cheese burger by die huis.”

                                                                

Hulle lag en stap weg. 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 7 537 -  Hoeveel Nog: 82 463

Reisplanne.

Watter rigting moet Marcel eerste inslaan?

  Kuslangs af tot in Transkei.   Teen die Weskus op.   Na Botswana.

                                                                                          

Belofte: Wil jy 'n belofte maak vir die volgende stuk skryfwerk? Ek sal van môre af vir so rukkie in Stellenbosch wees.

20-11-2016  - Woodstock flat, Kaapstad

1 240 woorde vir my vriendin Lize Kruger...

Dit het ses mans gevat om die kluis tot hier te kry: Marcel, Jannie en nog vier dag arbeiders wat hulle langs die pad gehuur het teen R 100 stuk. Die kluis staan in die middel van die kelder-vertrek soos ‘n verweerde obelisk. Marcel stap om dit en vryf daaroor terwyl hy vir homself prewel: “Nou hoe de donner gaan ek die ding oopkry? Kom, maak ‘n plannetjie.”


Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 12

Dis al drie dae lank wat Marcel om en om die kluis stap. Oral op die vloer lê ‘n verskeidenheid van gereedskap: hammers, sae, beitels, ‘n pik en ‘n tien pond hammer. Die kluis is vol duike en krap merke. Marcel kan voel hoe sy obsessie hom na waansin dryf. Die bure het al twee keer gebel en gekla oor die geraas wanneer hy  in die vroëe oggend ure na nog ‘n leeg gerookte lollie die groot hammer beetpak en medoënloos en aanhoudend met al sy krag soos ‘n besetene teen die kluis se deur hammer.

“Fok… fok… fok … naaaaaaier!!!.”

Niks nie! Die stewige metaal deur bly bot.

Hy gaan sit op die bed se rant en staar vir ‘n geruime tyd na die objek van sy frustrasie.

 “Blowtorch? Jannie sal weet. Waar gaan ek dit nou kry?”

Die radio dreun saggies in die agtergrond. Dis op die uur en tyd vir die nuusberig: “Die hoofnuus vandag: Vier verdagtes word gesoek nadat hulle ‘n tellerbank buite Pretoria opgeblaas het en weggekom het met ‘n onbekende hoeveelheid geld…”

Marcel sit regop en uiter ‘n enkele woord: “Google.” Hy hardloop teen die trap op, by die gang af en gaan by Bettie se kamer in. Bettie lê op haar bed en lees ‘n boek, sy kyk verskrik op as Marcel by die kamer inbars.

“Jy kan nie net hier inkom sonder om te klop nie. Se nou net ek was kaal?”

“Sorry Bettie, ek het nie gedink nie.” Hy gaan sit by haar lessenaar en skakel die rekenaar aan.

“En nou? Wat maak jy?”

“Ek wil net gou iets google, vyf minute, genuine.”

“Jy kyk nie weer pornografie nie, Ma se sy wil nie sulke goed onder haar dak hê nie. Sies man.”

“Ja, ja; whatever. Dis iets anders die. Navorsing.”

“Navorsing? Vir wat? Hoe om tik te maak?”

“Bettie, shut de fuck up!”

Bettie gaan aan met lees, sy weet om verder te redekawel sal net dinge ver-erger. Marcel kom by die google tuisblad en begin sy navraag intik:

“How to make a bomb.”

Na ‘n paar oomblikke verskyn ‘n hele paar skakels. Marcel spandeer ‘n half-uur of so om van die skakels oop te maak en informasie uit te druk waarna hy die rekenaar afsit en terug stap na sy kamer toe om sy ‘navorsing’ te bestudeer. Marcel gaan sorgvuldig deur die informasie, maak aantekeninge, trek diagramme en beplan hoe om ‘n tuisgemaakte ploftoestel te vervaardig wat ideaal geskik sal wees om ‘n kluis van ongeveer een-en ‘n halwe meter by ‘n halwe meter oop te blaas. Die toestel sal so ontwerp moet word dat dit genoegsame wig-krag teen die slot meganisme sal uitoeffen ten einde die deur oop te forseer. Hy slaan ‘n vlieg rakelings mis met die plak en let op dat die vlieg afdrentel grond toe en soos Newton van ouds maak hy merkwaardige ontdekkings. Nadat hy tevrede is met sy ontwerp voel hy verlig en ontspanne en hy stap boontoe om vir Jannie te bel en van sy plan te vertel.

“Is jy geheel en al befok Leroux? Jy sal jouself mos vrek maak of vermink of iets en as die boere jou vang sluit hulle jou op en gooi die sleutels weg Pollsmoor is nie gemaak vir ouens soos jy met sulke kunstige geaardhede en good looks nie hulle sal jou opnaai…”


Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 13

Jannie woed hom uit vir ‘n goeie tien minute voordat Marcel ‘n beurt kry om iets te sê: “Coolit Jannie. Ek het dit als mooi uitgecheck buddy; dit sal fine wees. Daar’s geen ander manier nie en ek wil weet wat in die ding is.”

Daar is ‘n rukkie stilte voor Jannie weer praat: “O jisiis pêl, maar okay. Wanneer? Ek wil by wees om seker te maak jy doen nie iets stupid nie ag wat sê ek jy gaan nou klaar iets stupids doen om seker te maak jy jaag nie onnodige kak aan met daai deurmekaar koppie van jou nie.”

“Scheme dit gaan my ‘n paar dae vat om die ding… die toestel te bou. Dit behoort die einde van die week klaar te wees. Ons kan ‘n event maak. Brandewyn en tjops. Miskien ‘n paar sigare.”

“Brandewyn vir die pyn as ons van ons van ons fokken ledemate veloor ja.” Sê Jannie as hy by die gang afstap.

Vir die volgende paar dae timmer Marcel stilweg in sy kamer. Hy het alreeds sy Ma se kombuiskas geraid vir skoonmaakmiddels en ander huishoudelike chemikaliëe, maar hy vermoed dis nie genoeg nie. Hy bel sy niggie wat haar meesters in chemie doen aan die Universiteit van Stellenbosch en organiseer ‘n klomp chemikaliëe wat mens nie aldag oor die toonbank kan koop nie. Laat in die aand doen hy klein eksperimentjies in die oop veld waar die bergies oornag tussen die digte Port Jackson. Sommige aande klink dit soos ‘n mini-Vietnam met knal geluide, gillende bergies en flitse wat ets teen die donker suburban nagte. Marcel lag hom kak, al hy weet hy, hy is besig om bietjie van ‘n doos te wees. Uiteindelik is sy toestel reg; en hy het nog al sy vingers en tone. Die bom is gebou in ‘n platgekapte staalpyp sodat die een kant so stukkie in die glefie van die deur by die slotmeganisme kan inskuif. Die pyp is toe gesweis aan albei kante om te verseker dat genoegsame druk opbou. Die tuisgemaakte lont; gemaak van die swael van honderde vuurhoutjies, loop deur ‘n klein gaatjie wat aan die verste ent geboor is. Marcel het sy bom rooi geverf met ‘n naam daar-op: ‘Skinny Little Bastard Boy’.

Marcel sit die bom op ‘n tafeltjie voor sy bed neer en kyk met trots na sy hande-werk. Hy bel Jannie en om te gesels oor die opkomende ontploffende gebeurtenis.

Jannie klink onseker: “Fok jong, jy soek vir kak ou mater. Het jy ‘n brandblusser?”

Marcel klink ongegergd: “Brandblusser? Wat de fok dude, scheme jy ek is ‘n brandweer man? Hier is mos ‘n buitekraan hier voor met ‘n hosepipe aan, Moennie worry nie broer, ek het alles mooi uitgewerk.”’

Jannie: “Jissis boet, weet darem nie. Jy’t net wiskunde tot graad sewe gehad. Wat van die geraas? Ek meen, jou Ma kan dalk ‘n beroerte of iets kry?”

Marcel: “No worries, my Ma ens Sus gaan kuier vir my een oom in Bloemfontein die naweek, ek het die plek vir myself. Ek scheme ons moet sommer ‘n paartie reel.”

Jannie: “Party? Met wie nogal?”

Marcell: ‘Ek, jy en drie crack hoere, twee vir my en een vir jou. Ons kan die ouens van jou workshop en hulle skelmpies ook nooi en daar is daai ander weird kunstenaar met sy draad poppies in die workshop naby julle. Maybe ken hy arty mense. Dit gaan anyway soos performance art wees. Ek sal ‘n gediggie lees en ‘n seremonie uitwerk voor die tyd.”

 

Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 14

Jannie: “Ha-ha, jy is poesmal Le Roux. Jou brein is opgefok van al die lollies, maar okay. Wanneer?”

Marcel: “Saterdag. Van so sewe af. Bring wors en hout. Onthou die brandy!” 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 8 777 -  Hoeveel Nog: 81 223

                                         
My vriedin Lize het my n' bottel wyn gescore vir 'n stuk skryfwerk. Die foto is geneem op Bettiesbaai, ons was daar by 'n ander mater se verjaarsdag. Die meeste van die wyn het binne 'n baie kort tydjie in my keel afgegly tydens herhaaldelike poserings in ons fotosessie. Vandag sit ek met 'n taamlike babbelas! 

Fotograaf: Tania Brand


geplaas op: 13H45, 28-11-2016  - Stellenbosch

Wat gebeur volgende?

Wat gebeur by die partytjie?

  Die huis brand af.   Marcel het seks met die paaldanser en haar boyfriend.   Iemand word in die voet geskiet.   Alles hier bo.

1 029 woorde vir  Tania Brand...

Die laaste keer wat hy met hom gepraat het was op dieselfde plek as waar hy vakansies as kind deurgebring het. Die man was al oud en krom, maar hy het nog daagliks in die tuin gewerk. Sy mense wou hom al lankal na ʼn tehuis stuur, maar die ou bliksem was hardkoppig; nes hy.

“Wat maak jy met jou lewe boetie?” Die man het die tuinvurkie herhaaldelik in die klam grond gesteek soos hy gepraat het, asof die aarde ʼn soldaat in die vyand se loopgraaf was gedurende die oorlog waarin hy vele jare terug geveg het, toe hy nog jonk en kragtig was. “’n Mens moet werk om te kan lewe. Wanneer gaan jy rigting kry? Jy’s mos nie meer ʼn kind nie? Jy het so baie geleenthede gemors, so baie...”

Hy was pas een-en-twintig. Dit was presies twee maande na sy pa se begrafnisdiens.

“Hoekom moet die ou etter juis nou met my lol?” het hy by homself gedink.

“Jy verstaan my nie”. Hy kon voel hoe die woede hom oorweldig.

“Wie’s jou jy? Wat het van Oupa geword.”

“Daai bliksem is lankal vrek!” het hy gedink, maar hy het homself net-net daarvan weerhou om dit hardop te sê.

“Jy verstaan jouself nie, dis jou probleem. Gaan loop jou paaie tog net en kry klaar, vind jouself. Die lewe is kort ou seun! Kry vir jouself ʼn roeping.”

Die ou man het dit uitgekug met mening en aangegaan met sy woelery in die grond wat weldra sy liggaam sou eis.

Marcel se frustrasie het gebloei soos ʼn sonneblom wat oopgaan in vinnige aksie in die verkeerde rigting, weg van die ster, en hy het geweet die ou man is reg, al wou hy dit nie onmiddellik aan homself erken nie. Hy het swetsend weggestap na die kombuis waar hy vir lank met gevoude arms staan en staar het na ʼn plafon waaier wat soos ʼn gewonde dier in sirkels bly kerm het.

Drie maande terug het hy opgeskop. Dit het ʼn groot rusie tussen hom en sy pa tot gevolg gehad. Hy het probeer verduidelik dat hy geen belangstelling het in sy studierigting nie en dat hy nie bereid was om die res van sy lewe iets te doen net om die familie gelukkig te hou nie, maar dit het op dowe ore geval. Sy pa het hom beskuldig daarvan dat hy weier om groot te raak en om sy verantwoordelikheid as volwassene na te kom.

“Die lewe is nie ʼn game nie. Jy besef nie hoe bevoorreg jy is nie. Word groot!”

Nou kan hy nie help om te wonder of die voorval iets te doen gehad het met sy pa se skielike hartaanval nie.

Die hele familie het hom gesmeek om terug te gaan, aan hom verduidelik hoe gelukkig hy was om die beurs te kry, dat hy die eerste een uit die familie was om universiteit toe te gaan; maar niks het gehelp nie. Hy het eenvoudig nie meer belang gestel nie. Hy was nie bereid om ʼn leuen te lewe nie.

Daai tyd was hy nog fiks en vol hoop. Hy was ʼn goeie sportman en het uitgeblink op universiteit. Dit was voor hy drank en dwelms ontdek het. Sy pa se skielike dood het sy gedagtes deurmekaar gekrap. Na dit het niks sin gemaak nie. Dit was asof al die dinge waarop hy vertrou het in die lewe


Die Reise van Marcel Leroux                                                           Bladsy 15

weggeval het. Hy het bitter alleen en weerbaar gevoel. Dit was toe dat hy begin eksperimenteer het met enige iets wat die pyn kon help verlig.

Hy het uit die kombuis gevlug en ʼn kroeg gaan soek op die dorp waar hy homself in ʼn koma gedrink het. Dit was die eerste keer dat hy homself doelbewustelik so dronk gemaak het, en nadese sou hy keer op keer op die tipe self-medikasie staatmaak. Hy het onder ʼn boom in ʼn parkie gaan lê totdat hy die meeste van sy bewussyn terug herwin het voordat hy terug Kaap toe geryloop het sonder om vir enige iemand daarvan te sê. Hy wou net wegkom, en daai gevoel het hom nooit verlaat nie.

Hy het eers twee dae later gebel om te sê dat hy terug is in die stad en dat hy bly by sy beste vriend Jannie. Sy ma was rasend van woede.

Hy het vir lank in ʼn diep depressie verval. Daar was geen sin in sy lewe nie. Hy is deur verskeie tipe werk, meestal handearbeid, maar sy hardkoppige rebelsheid het veroorsaak dat hy nooit lank in diens was nie.

Sy familie het hom begin verwerp. Daar was ʼn paar maande waar hy doelloos rondgeswerf het van plek tot plek. Meestal het hy op vriende se banke of vloere geslaap, hulle kos geëet en hulle drank gedrink totdat hy so groot oorlas van homself gemaak het dat hulle hom moes vra om weg te gaan. Dit het hom net meer bitter en ongelukkig gemaak en hy het baie vriendskappe in die proses vernietig. Daar was ʼn paar keer wat hy op die outers moes deurbring, in ʼn parkie of op ʼn strand. Dit het hom hard gemaak. Hy het doelbewus besluit om sekere gevoellens diep weg te bêre. Dit was ʼn luuksheid om hulle te hê. Dit was te swaar om saam te dra van plek tot plek.

Eventueel het sy moeder haar oor hom ontferm en die kelder kamer as huisvesting aangebied. Sy het aanvaar dat hy nie gaan verander nie, en hy was steeds haar kind. Almal het opgegee en van daai dag af was hy net ʼn aanhangsel wat hanteer is soos ʼn invalide, die swart skaap van die familie waaroor niemand praat nie.

So het hy vir tien jaar in sy selfgemaakte tronk gebly. Soms sou hy los werkies doen vir vriende en ander familie lede. ʼn Paar maal het hy permanente aanstellings gekry, maar dit het nooit gehou nie.

                          

Hier sit hy steeds, in ʼn half donker kelder, besig om stompies oop te breek sodat hy die laaste bietjie tabak kan gebruik om nog ʼn sigaret te rol. ʼn Vergete dier in ʼn vervalle sirkus wat nie meer daarin belangstel om toertjies uit te voer nie. 

Beoogde Woordtelling: 90 000 - Huidiglik: 9 806 -  Hoeveel Nog: 80 194

Tania is een van my beste vriendinne, sy doen goed wat uit te waai het met arbeidsverhoudinge wat ek nie heeltemal verstaan nie. Jy kan haar kontak by:

tania@taniabrandconsulting.co.za 


geplaas op: 08H56, 10-01-2017  - Vrede